Archives for category: Uncategorized

Gister gebeur hierdie weer met my. ‘n Christen wie glo hulle geloof is beter as ander en hulle (of sy) het toegaan toe God, begin vir my te preek.

Dit het my laat dink…..

Terwyl ek so vir die vrou in haar oë kyk en glimlag, dink ek toe vrou jy vat my laag. Sy onderskat my kennis van die bybel wat in my kop in gedruk was sondag skool en wat ek van ander geleer het. En self weet ek dat ek baie van verskillende gelowe af weet.

Verder het ek gedink, maar ek glo wat ek glo is reg en dat sy dit verkeerd het. So is ek regtig so veel anders as sy. Die antwoord ja. Ek praat nie oor my geloof nie en ek het nie hierdie ek-is-beter-as-jy houding daaroor nie. En dit is wat my irriteer. 

Die vrou wil van my ‘n Christen maak omdat dit ‘n fundementalle deel van hulle geloof is. Maar ek is nie ‘n verlore siel nie. Die Christelike tradisies wat vandag beoefen word kom van Heidene af. Of Christene daarvan hou of nie.

En die Christelike geloof werk nie vir my nie van ek voel God is nie Manlike nie. Ook nie Vroulik nie. Maar dat God kwaliteite van beide het.

Om terug te kom na die Heiden ding… Mense eet vandag nog sjokolade eiers. Hoekom is eiers so ‘n groot ding. In Europa word dit hierdie tyd van die jaar lente. En die Heiden glo dat Moeder natuur nuwe lewe bring. En dit is wat die eier simboliseer.

 

Ek sê ek glo nie dat Christus gelewe het nie. In teen deel is ek oortuig deur historiese bewys van hom, maar dat godelik was: nee. Hy het probeer om mense meer spiritueel te maak en beter of meer vir mekaar om te gee.  Ek wens Christene wil eerder dit uitleef. In plaas daarvan om my van God en Christ te oorreed

.Image

Bottom line: Jy kan glo wat jy wil! Just don’t try to convert me! Thank you en danke et Merci!!!

Geseën fees aan al die Heiden!!!!

Advertisements

Call S.W.A.T the fashion police makes epic fail

Fur fur……. Yuk yuk yuk
This coat is so ugly that I feel the need to write my first English blog so that Giuliana Rancic can read it and realize how ugly, nasty, foul and disgusting this coat is. Why would anyone wear this jacket or coat to FASHION WEEK?
I dislike fur or fake fur (I believe this was real fur) and fake or real leather. And the crey colour makes it really obscene. It is like this person does not have taste….

Now I have heard before some stereotypes of Italians, but I tell you what you need to be either very brave to wear something this tasteless or colourblind. I will never watch another fashion police episode again. What a waste of time!!!!!!!!!

Clearly I am not the only one who thinks this stinks. 
Check out the link below and see what Sheri-Lee Greenway has to say!

http://www.all4women.co.za/entertainment/celebrity-fashion/friday-fashion-faux-pas-giuliana-rancic-s-fur-ocious-fashion-fail

 

Solstice/Sonwending!

Vandag is die langste dag in die suidelike half rond. Dit is die dag wat die son haar verste punt suid beweeg. In die Noorde is die koud, donker en winter. Dit is waar Kersfees se oorsprong vandaan kom .
Ek hoop dat almal hierdie wonderlike dag gaan geniet. Dit kom net een keer ‘n jaar. Ek beslis is dankbaar vir Moeder Natuur en probeer om haar met so veel liefde en respek te handteer:
Gelukkige Sonwending, Alles gute zur Sonnenwende, Happy Solstices, Joyeux solstice d’été

dexterhallowGister was Halloween en vandag is All Saints dag. Ek het so ‘n jaar terug Dexter ontdek. En ek het die foto op die internet gekry vir Halloween en gedink dit moet op my blog sit want dit is so kwaai.

Winter sonwending. Solstice d’hiver. Wintersonnenwende. Winterzonnewending. Solstrice!

Vandag is die winter sonwending in die suidelike halfronde. En gisteraand was die langste nag. Hierdie fantasties dag gaan in ons huis gevier word. Vir die vleis(v)eters is daar geroosterde honder. Daar is ook gebakte aartapples en slaai vir aandete. Vir na gereg gaan ons waffels met stroop eet. Ek hoop almal het ‘n wonderlike dag!!!

Goed, so teen hierdie tyd van die maand Mei 2013 is ek seker almal het gehoor dat Angelina Voight Jolie n dubble masektomie ondergaan het. Shame man fooi tog. Die arme vrou. Dit kon nie lekker wees nie. Daar is so baie op die internet oor haar nou. Almal het n opinie daaroor en haar eie man Brad Pitt loof haar besluit.

Ek het nie veel kommentaar gehad toe ek eers daarvan te hore gekom het nie, maar ek woon in n huis vol mense wie krieties is en vir hulself dink. En daarom het die volgend idees en vrae by my op gekom.

Hoekom moet ek weet van haar keuse om haar borste te verwyder? Dit is immers haar saak! Verander dit my lewe?….Behalwe dat ek daaroor dink en nou n blog skryf…..

Waarom voel hierdie Hollywood-poppies hulle is heldinne as hulle, hul hartseer storie met ons deel? Moet ek omgee? Baie vroue gaan dood as gevolg van Borskanker. Sy is nie die eerste of enigste persoon wie deur kanker geafikteer  is nie.

Sy het nie eers kanker nie! Sy het net met medies hulp die geen ontdek wat foutief is. Dit gee haar glo 87% kaans om borskanker te kry. Moes sy nie eerder wag tot sy kanker ontwikkel voor sy haar borse verwyder? Of is dit nou omdat sy ouer word, nie so veel fliek rolle kry en daar te min aandag in die media aan haar gee word? Is dit dat sy voel sy moes n brief aan die New York Times skryf? Of is dit dat sy regtig ander vroue wil help?

Ek wonder maar net die goed, want meeste van die mens wie ek ken weet dat Vitamine B17 die genees middel vir kanker is. Google dit!

Henning is besonders! Daar gaan nie ‘n dag verby dat hy nie iets doen om my te vermaak nie. Hy was daar vir my toe ek ‘n vriend en beskermer nodig gehad het en hy is nog steeds daar vir my. Hy is in der daad my beste vriend.

Hy is net so gek, laf en “verrückt” soos ek. En deesdae werk hy baie hard om die lewe in Suid Afrika te kan bekostig.

Hy het my gister middag na die Strand geneem, waar baie mense branderplank ry en nog ‘n klomp op die strand lê en die dag geniet. Ons het ‘n paar fotos geneem. En toe gee hy my die ring. Ek kon self kies wat ek wou hê en ek moet sê ek is bly daaroor (kon ‘n ring kry om my vet-varkie-vinger te pas). Daarna het ons, ons gunsteling bier (Stoney gemmer bier) gedrink en die see in ge-asem.

Op die toekoms! Prost!