Henning is besonders! Daar gaan nie ‘n dag verby dat hy nie iets doen om my te vermaak nie. Hy was daar vir my toe ek ‘n vriend en beskermer nodig gehad het en hy is nog steeds daar vir my. Hy is in der daad my beste vriend.

Hy is net so gek, laf en “verrückt” soos ek. En deesdae werk hy baie hard om die lewe in Suid Afrika te kan bekostig.

Hy het my gister middag na die Strand geneem, waar baie mense branderplank ry en nog ‘n klomp op die strand lê en die dag geniet. Ons het ‘n paar fotos geneem. En toe gee hy my die ring. Ek kon self kies wat ek wou hê en ek moet sê ek is bly daaroor (kon ‘n ring kry om my vet-varkie-vinger te pas). Daarna het ons, ons gunsteling bier (Stoney gemmer bier) gedrink en die see in ge-asem.

Op die toekoms! Prost!

Advertisements